Afsterwe

  • 0

Foto: Canva

Afsterwe

Jou benoude groet-oë
sny en stik steeds binne my
en ek soek jou waar jy lê
diepkoud
verberg
onder die hemel se treurwater
soos ’n vleeslike saad,
met jou sielonrus skoppend
teen my sinkende moddervoete
en in die niksheid galm my geesgrou gille
in woordstom vloeke
teen die engelkoor se vaaldun troos
wat onoortuigend soos motreën val:
die diephel sal asemhaal
die grond sal seën en
die vleeslike saad sal in mooi beelde blom
maar in my hart se binneste stiltes
versmoor die grond se hel
ons albei weer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top