
Die prent is afkomstig van Canva, onderhewig aan hierdie gratis lisensie-voorwaardes: https://www.canva.com/policies/content-license-agreement/.
Vir jou toegeblikte smart
in my sagvoet-eenvoud
my kleinwoord-leef
bring ek vir jou ’n opgerolde teksie
vol skraal woorde
om jou snikkende tralies binne te sluip
soos ’n ongenooide stoffie
en ek voel jou wegwuif
jou hinderhart
jou nie-vandag
maar ek’s dikvel wagtend
luister suutjies fyn
vir ’n kraak of oomblik
wyl jou asembries dae
in lank neem lae
jou lewenswind ontvou

