Herbeleef

  • 2

Foto: Canva

Herbeleef

Versamel
ons onthou
en sê-goed
soos stokkies en riete
en wegkruipgoeters
onder die sand se vel

bou dan
’n strandskerm
en wag vir my

ek bring
my eenvoud, in Ouma se karton- blou tas
my gebeende siel as jou pand
’n flessie flou tee net vir jou
die hemp wat ruik na jou
ons voos ou bundel
met sy diep woordrye
wat in jou stem
teen my uitklim
soos ’n laaste kans

  • 2

Kommentaar

  • Sanette Scheepers

    Johannes, jou insig is raakvat-raar en ek waardeer jou kommentaar en die lees van my gedig opreg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top