
Foto: Canva
Herbeleef
Versamel
ons onthou
en sê-goed
soos stokkies en riete
en wegkruipgoeters
onder die sand se vel
bou dan
’n strandskerm
en wag vir my
ek bring
my eenvoud, in Ouma se karton- blou tas
my gebeende siel as jou pand
’n flessie flou tee net vir jou
die hemp wat ruik na jou
ons voos ou bundel
met sy diep woordrye
wat in jou stem
teen my uitklim
soos ’n laaste kans


Kommentaar
Roep gevoelens op van onskuld en diep verlies.
Johannes, jou insig is raakvat-raar en ek waardeer jou kommentaar en die lees van my gedig opreg.