Wie is jy?

  • 4

Wie is jy?

Jy’t opgedaag
met jou stormlag
en jou geleende persoonlikheid
en wankelrig jou spasie probeer volstaan
en jou wees was vol lieg
en jou oë vol skuld
ek wou jou wegvee
dalk gehoop
jou uitdraaipad
loop êrens dood
waar die mens in jou
oopval
jy opnuut jou lae opstapel
met darem so iets
wat ongeveins
deur die onkruid bars

  • 4

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Kom ons leer en gesels !

    Dankie die gedig besit 'n sterk, intense emosionele kern wat wentel om die temas van menslike kunsmatigheid, ontmaskering en die uiteindelike hoop op eerlikheid. Die krag van die teks lê in sy eerlikheid en die treffende oorgang aan die slot na die organiese beeld van die onkruid. Die beginsel om emosie te verwoord sodat die leser sy eie “werklikheid” en beeld kan vorm, sou ek voorstel kan die gedig verbeter, bv hoe reageer 'n “geleende persoonlikheid” laat ook “wees” weg en dan “oë vol skuld”, wat doen die oë? Dit is beter om te beskryf wat die oë doen en jou leser se intellek te vertrou om tot ‘n gevolgtrekking te kom.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top