Blinde offer

  • 1

Foto:Canva

Blinde offer

Binne die nag se brabbeltaal
wriemel jou losgerukte woord weefsels
in donker verstikkende vrae
en in ’n suiwer hemelhand
agter die druppende maan
offer ek onwetend blind
my geheel soos dooie stof
aan dalk die gode
die hemel
of dalk haglik
alleenlik aan jou

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top