Klugspel

  • 2

Foto: Canva

Klugspel

Ek wil jou liggaam intou
en waar ek moeg neerval
sal jy oorneem
maar in spottende rymsang
spring die godehemel vandag ’n touspel
laggend in ekstase
oor die touvonds
wat ons uit die dag se swaarte moes sleep
en ons neurie en oogrol
en kopskud en kreun
onder die gode se vrolike ritmereën

  • 2

Kommentaar

  • Sanette Scheepers

    Mooi saamgevat, dankie Johannes. Gebrek aan beheer, bring sy eie dans, verander
    die ritme as 't ware.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top