Feeshoog

  • 0

Foto: Canva

Feeshoog

Fluit vir die duiwe
om ons gesteelde vryskrif
in die buitepaaie te loop vind

Nooi
die toegepakte harte
’n leërskare engele
en bekroon
ons goedige rumoer
ons witwyn-wydbeklag
as eregas

Dek dan die tafel
in letters heilig wit,
woorde versagtend verguld
ons hardop stem
in skrifhelder strikke verbind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top