Uitkoms

  • 0

Foto: Canva

Uitkoms

Hoor jy:
die bedelbakkies sieklik skud
die kermkling knype
die kreun en kwel oor onuitklimbare kruine

Sien jy:
die druppels van genade
die groen vol grondpalms
die geskrif in borrelende wolkseine
die lae blombasuine
hoe ons voete
haak en klim
oor klimop-kranse
ons bedelbakkies maagvol
teen die stormwind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top