
Golwend vry
Ek wil die see se kind wees
deel in die oorstroming
met my diepsee-sug
en my vry stem lag
my skuimende liefde
my vrywees sein
my hierwees sprei
ons menswees
soutgolwend tart
2
Golwend vry
Ek wil die see se kind wees
deel in die oorstroming
met my diepsee-sug
en my vry stem lag
my skuimende liefde
my vrywees sein
my hierwees sprei
ons menswees
soutgolwend tart
2
Kommentaar
Gideon Joubert het in Die Groot Gedagte geskryf van die mens se beroering deur die see, skulpe optel, jut langs die water vir allerlei wat uitspoel - dis asof die mens 'n onlosmaaklike band met die see het, wat nie sondermeer verduidelik kan word nie. Hy praat van die teorie van die 'aquatic ape' - oermense wat in die vlak water geleef het, veilig van die roofvisse en die landjagters, wat dalk kan verduidelik hoekom ons regop loop nadat ons oerouers eers sterk arms vir boomklim gehad het en swak bene vir loop. Jou bekoring met die see laat my aan dit dink.
Dankie vir jou unieke insig, Johannes.