Pa

  • 7

Foto: Canva

Pa

Ek mis jou in die lente
wanneer dahlias die son jag
Ek mis jou in die somer
wanneer sonbesies in
persimmonboorde flankeer 
Ek mis jou in die herfs
wanneer Diepkloof se
akkerbome bloei
Ek mis jou in die winter 
wanneer ryp naakperskebome versluier

Maar wat ek die meeste mis Pa
is jou vroegoggend voetstappe
wat die gangplanke opwek
die stoomwolk bo jou koffiebeker
en die kalmte in jou stem 
wat in eenvoudige woorde 
my monsters verslaan het

  • 7

Kommentaar

  • Pragtig! Ek voel ek is daar... Desembermaand op Diepkloof.
    Ek onthou, nader aan Kersfees het ons so teen skemeraand in die pad afgeloop en uit volle bors die aand heilig gemaak met ons Kersliedjies. Ons het selfs die voëltjies in die bloekombos se gekwetter stil gesing.

  • Jou woorde is 'n pragtige beskrywing van 'n waardige man. Met heimwee skilder jy sy stilheid, sy liefde vir sy familie en die natuur. Skitterend!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top