Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Ek gaan djou nie lekke maak nie
2026-01-15"Want liefde,
regte liefde,
is nie lekkers in ’n sakkie nie"
Hondelewe
2026-01-15"My hond begryp nie die verloop
van dae, maande en jare
of die verandering van seisoene nie."
Persverklaring: Die jaarlikse ATKV-Digskool
2026-01-13Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV-Digskool op Vrydag 27 tot Sondag 29 Maart 2026 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Kom dig saam dat die sterre spat.
Fibonacci
2026-01-09"Each number the sum of the two before
Seen in spirals of shells on the seashore"
Aunty Charlotte
2026-01-09"Antie Charlotte, jy is meer as net
Ons inspirasie
Jy is die kantoor se gunsteling-aunty."
Oizes se dogter
2026-01-09"Buite het die storm hom uitgewoed. Die wolke skuif weg en sonlig straal direk op my af. Ek is in die kollig, goue stofdeeltjies dans om my. ’n Onverstaanbare vrede daal oor my neer. Miskien is daar tog hoop."
Stilte voor die storm
2026-01-09"Hulle gil nie. ’n Rukwind gooi ’n pikswart naaldekoker teen die rots voor my vas."
Die spook van Willempie Jooste
2025-12-19“In die jare daarna het ek hom dikwels in die nagte gehoor huil daar in die toring. ’n Aanhoudende, deurdringende gekerm wat ’n mens laat voel asof jy gaan mal word daarvan. Ek kon nooit vasstel of dit Willempie se spook is wat nie tot rus kan kom, of my gewete wat aan my vreet nie."
Weg
2025-12-19"Trane loop vrylik. Ek onthou alles wat ek oor die jare uitgeknip het. As die swarthond my byt en die skalpel diep kloof, kluisenaar ek myself agter ’n deur toe, delf in die skoendose en lees die berigte. Die geel papiere krummel elke keer meer en meer."
Pa
2025-12-19"Maar wat ek die meeste mis Pa
is jou vroegoggend voetstappe
wat die gangplanke opwek"
Torn asunder
2025-12-11"We’re on my three-seater couch, but the two of you are huddled on the left. Leaning back, I watch you reveal what you think is hidden." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.
Memories of yesteryear
2025-12-11"Looking back, these memories remind us that life was woven together by simple rituals, laughter, and tradition. They are treasures of yesteryear, still alive in our hearts, teaching us to value the heritage that shaped us."
Blindemol, melk en diakens
2025-12-11"Blindemol koes en keer wild met sy arms vir die volgende hou. Die skarminkel maak die passasiersdeur oop, spring in en klap die deur toe. Sy maat trek so vinnig weg dat die bande tol en die gruisklippers spat."
Wees jy
2025-12-11"Wees die wilde kind
wat die waarheid van die grond
onder die reën se watermusiek
’n naam gee"
Rubberduif
2025-12-11"ek’s op soek na die gatta se rubber bullet gun
om my trooswoorde op te skiet
die hemel
die gekraakte kraal in"
