
Foto: Canva
Ek dra jou aan die Here op
Ek dra jou aan die Here op
Jy met die skerp tong
Wat verbitterd hier aan my hart kom klop
Jy met woorde wat sny
Jy wat met die wêreld wil baklei
Ek dra jou aan die Here op
Mag hy jou vuiste salf
En in die ritme van jou hart kom bly
Mag hy jou seermaakwoorde steel
En jou voete weg van die bose lei
Jy wat met woorde gate steek
Jy wat die wêreld aan die brand wil steek
Ek dra jou aan my Here op
Slegs Hy sal die storm binne jou kan stop

