
Foto:Canva
No 9-trein
Daar is ’n trein wat loop
van die Kaap na die Strand –
op spore gelê
tussen my brein en my hart.
Ek wonder soms
of die No 9-trein nog ry
wanneer ek aan jou dink,
of hy ooit weer
deur die Kaap sal sny.
Ek wens ek was nie ’n swaan nie –
miskien liewer ’n vink,
selfs net ’n mossie.
Hoor jy hoe roep
die spook van ons trein?
Sal jy vir my wag
langs die spoorlyn?
Van Kaapstad
na Parow, na Bellville,
verby Blackheath en Kuilsrivier –
so ry daardie trein
deur die landskap van my hart.
Laat die stasiemeester
vir oulaas jou kaartjie vat.
Wag vir my op die stasie,
daar in die Strand.
Ek is op pad.

