Jess Grace is 'n onderwyser, fotograaf en skrywer wat in taal en beeld probeer vasvang wat andersins verlore sou gaan. Haar poësie beweeg in die intieme ruimtes van liefde en menswees, waar die alledaagse sag verhelder word en die wonder van voel gestalte kry.
Haar werk verken liefde, verlies, moederskap en die brose oomblikke waarin mens jouself weer raak loop.