
Foto: Canva
Chirurgie
My vel pas soos ’n laken
oor bene wat ek nog nooit
buite my anatomie-handboek
gewaar het nie.
Ek is ’n argeoloog en krap vir oorblyfsels
wat soos kwarts in my weefsel klou.
Daar is drie paar ribbes ontbloot:
een vir elke maand sonder jou.
Ek hou my woonstel byna steriel
en gebruik aseptiese tegnieke
om alles wat jy agtergelaat het,
nie te kontamineer nie.
Ek glo jy sal eendag onverwags instap
soos ’n dief in die openbarende nag.

