
Foto: Canva
Verbodevrugvreter
Ek is tussen Scylla en Charýbdis;
so lynlees die palms
van my bloedhande
en wys vir dié God van Dood
my pekelsondes
en ook my tevergeefse fortuin
want ’n verbodevrugvreter
wat nie deur die modder seil nie,
se maag word nie vuil nie.


Kommentaar
Baie dankie, LitNet.