Zebulon is 19 jaar oud en is ’n matrikulant aan Charleston Hill Sekondêre skool. “Verseskryf is my lewe en as ek nie dig nie, bestee ek my tyd aan die skoolkoerant waar ek ’n redaksielid is. Ek is ook ’n openbare figuur en is aktief betrokke by Afrikaanse diggroepe.” Van Zebulon se gedigte is in versamelbundels opgeneem en op die Ink-webwerf gepubliseer. Een is aanvaar vir die Avbob-digkompetisie. Sy leuse in die lewe is om deur sy verskuns lig na mense en homself te bring. Sy droom is om na Graad 12, as hy genoeg geld gespaar kry, verder te gaan studeer in letterkunde. Hy bly tans in die Paarl.