Lewenssepie

  • 1

Foto: Canva

Lewenssepie 

Ons lewens is ’n klug 
’n kort toneelspel 
waar ons wegkruip 
agter afgebreekte beelde

met die hardloop,
soek en swerf 

het ons mantras 
vervaag van 
net wil (weet)

vrees spinnerak –
en boei stywer 
om ons lywe 

want niemand weet
hoe die sepie gaan eindig.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top