Self-diffuus

  • 0

Foto:Canva

Self-diffuus

Ek sit in ’n raserige kroeg
en my hande voel soos 
roes-stram skarniere om ’n bottel 
en deur die ruite van my bril 
sien ek hoe die 
saamdrommende mense se lewens 
opgesluit is in ’n wyngeur 
moet ek stop of voortbeur?

ek het met my lippe gedink

ek het nog met my lippe
gedink
en met my oë
gedog,
toe het
Jy
opgestaan om die waarheid
in my gewete uitmekaar te kyk,
tog, moet ek
bieg,
dat ek maar nog altyd
graag – vrylik – myself
wil
belieg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top