
Foto: Canva
Brokkie vir brokkie
Jou plooiende
ornamentgeskenk
val en breek
nés ’n olifantslurprots
na die onderwaters
tussen skatkiste
en ’n sinkende veerboot
tot op my stowwerige vloer
wat bestrooi lê
met hoë stapels
bruilof en wittebroodfoto’s
van ons – nog saam
O toe word leënessindroom
die beste maat
van my flenterhart.
Kommentaar
Dit praat met my. Mooi geskryf.