Nostalgietoer
2024-04-24"Iewers in Pretoria
onder ’n Jakarandaboom
omring met pers bloeisels
bons my hart van vreugde"
Droomeggo's
2023-04-13"Ek sien verby die
blom op my vensterbank
hoe reëndruppels op
my wasgoedlyn hang"
Triomfantlike troos
2022-11-24"en verby ons huis
weerklink dwarsfluitklanke
waar die skepping juig
in tortelgesang"
Maandans
2022-11-17"Onder ’n Turkse halfmaan
in die gietende reën
was jou dansende semiotiek
iets moois om te sien"
