Onvergeetlik
Hier waar ek sit
kan ek hoor hoe
ou kerkbankies kreun –
skielik sak stilte
oor die siersteengebou
en ver begin my gedagtes dwaal
hierbinne met ’n bruid getrou
wie se as ek op dieselfde dag
moes strooi in die blomparfuumtuin
van onthou.
Kommentaar
Zebulon, jy is hier op die regte spoor. 'n Gesonde respek
vir kuns as proses; die digter as alchemis. Geluk!
Baie dankie J Swart vir jou kommentaar.
Dankie, LitNet.