Triomfantlike troos

Foto: Canva
Jy stap met grootheidswaan
deur die melkweg
(hemelstraat)
ek ruik harpuis
ander triomfeer
waar die lekeprediker
die heilige sakramente preek
by jou oop graf
en verby ons huis
weerklink dwarsfluitklanke
waar die skepping juig
in tortelgesang
van voëls en ’n duif.


Kommentaar
Baie dankie, LitNet.