Stilstreeppaaie

  • 0

Foto: Canva

Stippelstreeppaaie

Liefling, 
skets of verf met jou kwas 
’n beeld op jou skilderdoek
met die uitken-optika van ’n muurportret
of ’n kakelbont son
wat voortspruit uit braamoogblomme
(die uitlê van hersenskimme)
op stippelstreeppaaie
verby gekapte klip 
waar ek en jy sit.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top