Reisspore

  • 1

Foto: Canva

Reisspore

Verby leë vensters
wat gaap,
tussen populierbome
en op grasperke
lê swerfspore
van ’n verre verbintenis

die lentewind wat sou waai 
het jou kaneelbruin hare
wat glim soos nat bamboes
laat dans in golwe 

O, ek probeer bloed 
uit ’n klip tap 
jy’s net ’n skildery
bo my kaggelrak.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top