
Foto: Canva
Visserman
Jy was uit op die waters
op soek na ’n ligtoring
toe vind jy my huisie,
en waar jou voete hard val
op my houtvloer
klap jou stem soos ’n sweepslag –
net ’n vraag in my knaag
waarom sal jy na al die jare
weer hier opdaag?


Kommentaar
Baie dankie, LitNet.
Netjies geformuleer. So 'n sterk opbou met soorte rym na die slot toe. Kan die begin wees van 'n siklus.
Baie dankie, Danie, ek hou baie van jou kommentaar.