Hartsvanger

  • 3

Foto: Canva

Hartsvanger

Gemmerkopmeisie
noudat jou wild-kloppende hart 
daar vasgepen lê
by fynbosbelaaide velde
vul ons herinneringe van gister
my siel met nostalgiese heimwee,
maar ek voel eintlik net die 
klou van jou skaduwee
soos die sterrehemel wegsmelt
oor my rigtinglose skip.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top