
Foto: Canva
Bittersoet huispad
Wagtend tik ek my vingerpunte
en sing ’n welkomdeun
vir my soldaatman
seker iesegrimmig van ouderdom
wat na jare se weermagdiens
nes ’n dors mens uit die woestyn
nou terugkom
maar toe ek die deur oopskroef
lyk die mens in my deurraam
onherkenbaar.


Kommentaar
Die laaste sin is verrassend, die angel in die stert. Ek sien dit as iemand wat deur die oorlog vermink is.
Baie dankie, LitNet
Martin, dankie dat jy altyd lees en vir jou insae. Jou gevolgtrekking en ontleedingsvermoë is korrek rondom gedig.
Pragtig, Zebbie. Soms is soldate onherkenbaar, nie omdat hulle vermink is nie, maar omdat hulle ander mense is as gevolg van dit wat op die slagvelde gebeur. Dit is maar hoe ek die gedig lees.
Liewe Digter Marie, jou interpretasie is ook reg, maar in die geval is die persoon vermink. Dankie vir die lees.
Puik skrywe, Zebbie, jou gedig se naam is perfek gekies.