
Foto: Canva
Geesherlaaier
As dit ooit voel asof
jou siel leeg loop
soos ’n battery,
herinner jouself dat
niks jou kan onderkry:
haal die halter van jou kop
herlaai jouself wéér met pitkos
want krakende waens
loop die langste
en boonop is daar te veel
pese op jou boog
waarmee jy dapper kan veg.


Kommentaar
Baie dankie LitNet. Ek waardeer.