Teenoorgestelde pole

  • 2

Foto: Canva

Teenoorgestelde pole

Waar ons klim in die huwelikskip,
muilband en blinddoek liefde 
ons ongewapende oë;
met die avontuur 
wag onverkende velde 
ons voete vroetel in die grond
ons vingertoppe vat-vat aan die sterre
en ons gretige tonge lek aan die speelse maan
want ons staan op die heelal 
se drumpel.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top