Verlore kind

  • 1

Foto: Canva

Verlore kind

Ek sukkel met die skuld
op my skouers, my rug
Jy stel my gerus:
“Dis nie nodig, my kind.”

Dit raas in my ore soos die
blou waaier in die sitkamer
as dit somer is

Ek wou jou nie agterlos nie
Ek sweer

As ek gebly het, sou ek
vergaan
verweer
verinneweer?
(en ander sinonieme)

Net soos die stukkende windpomp
in die agterplaas.
Ek hoop julle verstaan
Die water hier proe anders

Ek is jammer
Ek sukkel nog met die skuld
op my skouers, my rug

  • 1

Kommentaar

  • Johann Hattingh

    Daai waaier werk nog... windpomp nog stukkend, maar ek belowe die water op die plaas is nog net so lekker. Mooi geskryf, Cherise, pappa verstaan konteks... Dalk meer as ander.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top