Cherise Hattingh

Cherise Hattingh is ʼn 20-jarige Afrikaanse digter en eerste jaar student. Sy is afkomstig van Middelburg Mpumalanga en studeer aanlyn by die Universiteit van Suid-Afrika om haar BA in kreatiewe skryfkuns te verwerf. Cherise het nog altyd ʼn besondere liefde vir skryfkuns en taal en het in ʼn paar taalkompetisies ingeskryf gedurende haar skool loopbaan. Wanneer sy nie skryf nie, sien sy die wêreld en werk sy as ʼn au pair (kinderoppasser). Sy woon tans in België en hoop om eendag haar eie digbundel vry te stel.

Verlore kind

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-28

"Ek is jammer
Ek sukkel nog met die skuld
op my skouers, my rug"

"Dalk" is net ’n konsep

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-21

"Dalk kon ek jou bel
en jammer sê
Maar jy weet mos hoe dit gaan
as die krag af is."

Drome

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-14

"Ek droom, maar dit glip uit my greep.
Die oorblyfsels gee weg dat dit oor jou was."

Top