"Dalk" is net ’n konsep

  • 3

Foto: Canva

“Dalk” is net ’n konsep

As jy die verlangende toon
tussen die lyne van my gedigte raak kon lees,
sou ek dalk die woorde op my hart
by my mond kon laat uitkom

“Ek mis jou”
“Ek wens jy was hier”

Dalk sou ek die moed gehad het
om by jou graf te sit
Of om kerk toe te gaan

Dalk kon ek jou bel
en jammer sê
Maar jy weet mos hoe dit gaan
as die krag af is

Ek weet nie hoe lewe na die dood werk nie,
maar ek begrawe my gedigte
en hoop dat dit
dalk iewers by jou sal uitkom.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top