Drome

  • 5

Foto: Canva

Drome

Die ligte is af
en die dak van ’n huis wat ek skaars ken,
kraak in die stilte.
Ek sukkel om te slaap.

Ek droom, maar dit glip uit my greep.
Die oorblyfsels gee weg dat dit oor jou was.

Realiteit los ’n bitter smaak,
die hemel lyk nader as wat dit voel.
Ek is verder weg van jou af
as ooit vantevore.

Dit is nou al jare,
maar op dae soos dié
is dit moeilik om nie oor jou te skryf nie.
Is daar iets anders as stilte na die dood?

As daar is,
vertel my van jou dag
in ’n droom
wat ek môre sal vergeet.

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top