
Foto: Canva
Pleidooi aan die maan
kýk, wyl jy digby hang,
hoe my waters swel
en my riwwe rys
soos hare op ’n wolf;
kyk my dun asem
en die wit vliese
malend alom
wrede oë;
kyk hoe fyn
span my huid
en hoe skaaf jy
my horison;
ja, jy’s uit my skoot
en ek uit jou,
maar kyk,
die hemel is omheen;
kýk. asseblief, en sién,
want ek het nie ’n mond nie.

