Melt Botes

Melt Botes woon in Kaapstad. Hy skryf slegs wanneer die inspirasie hom beetpak. Hy leef volgens een reël wat nie gebreek mag word nie: Hy mag nie minder as twee boeke per maand lees nie. Dit klink min, maar dis moeilik met vandag se gejaag.

Pleidooi aan die maan

Melt Botes Poësie 2025-09-04

"kyk hoe fyn
span my huid
en hoe skaaf jy
my horison;"

Die aarde sak

Melt Botes Poësie 2024-09-12

"die grond is bros
gee mee
gee (altyd)
mee"

Om ’n klip af te sluk

Melt Botes Fiksie 2024-01-11

"Dawid skakel die bedlamp af. In die donker van sy woonstelkamer is die steen ’n swart gat tussen sy vingers. Hulle sê ’n swartgat is ’n ster wat gesterf het. Aan die einde van ’n ster se lewe raak sy massa so geweldig groot dat dit uiteindelik in homself inval en inkrimp tot ’n klein swart gat, soos groot soos die palm van sy hand, so groot soos die steen."

Moeder van Kileen

Melt Botes Fiksie 2023-08-24

"Bokant haar troon Jupiter bo die horison uit en vul die ganse ruimte. Die alomteenwoordige matriarg. ’n Gerusstellende teenwoordigheid, die wakende moeder. Maar vandag is iets anders. Nee, iets is verkeerd. Probeer Jupiter haar aanspreek, haar waarsku?"

Memento mori

Melt Botes Fiksie 2023-07-20

"In die kleurvolle skemerlig ry Josef met sy silwer fiets terug na sy huis op die Punt. Dit is donker toe hy by die huis instap."

’n Kort verhaal

Melt Botes Fiksie 2019-01-29

"Die volgende oomblik voel dit asof sy pas versnel en ons jaag tussen koue sementgeboue wat hoog bo ons uittroon. Kil handelskatedrale met glasoë wat gluur en grou mure wat ons aan weerskante kelder en in een rigting forseer."

Die tweestryd

Melt Botes Fiksie 2018-10-04

"Die donker, dink ek, bestaan uit sy eie. Dit was daar voor die lig in ontploffings ontstaan het, en dit sal daar wees wanneer alles weer in een punt inkrimp en verdwyn. Die donker bestaan ongeag enigiets. Selfstandig. Absoluut. Die lig, daarenteen, ontstaan slegs vanuit ’n bron."

Top