
Foto: Canva
Sal ons
Sal ons eendag in mekaar vasloop,
Sal daar nog klere van daai dae
aan ons hangers hang,
Sal ek nog ronde brilletjies dra
en sal jy jou brille begin dra het,
Sal ek inkopiesakke dra
en sal jy wonder of ek weer begin eet het,
Sal ek die Axe aan jou lyf ruik
en sal ek nog sitrusolies dra,
Sal ek ’n kleuter op my heup hê
en sal jy vra of hy myne is,
Sal my kind vra hoekom ek hom stywer vasklou,
hoekom my hande begin sweet het,
of hoekom dit voel of ’n wasmasjien
in my borskas tuimel?

