Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Onderdrukking
2018-07-19"Nou staan hulle bal-en-klou-stoele in my huis
’n erfstuk van die twee en ek sien Oupa se
gebalde mond en Ouma se klou aan haar belofte."
Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 2)
2018-07-18"Dis toe die Gies vannie Jirre vi Simson stêk gemakkit dat hy die leeu met sy hanne uitmekaa geskeerit ampe soes dit ’n jong bokkie was."
Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 1)
2018-07-18"Die vrou het geboorte gegie an ’n seun en sy naam was gegie Simson. Hy’t opgegroei ennie Jirre het hom gesieën, ennie Gies vannie Jirre het beginte wakke raak binne in hom en hom beginte lei ..."
Inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag
2018-07-12Skrywers kan nou inskryf vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel, wat by die 2019 Woordfees bekend gestel sal word. Du Toitskloof Wyne borg weer die prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2018 om 16:00.
Skryfkompetisie: 67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018
2018-07-12In die lig van Mandela-dag op 18 Julie nooi LitNet jou om ’n gedig van 67 woorde te skryf. Jy mag oor enige onderwerp skryf, solank die woordtelling 67 is. Hier is nog meer kompetisieinligting.
On “Young man at home 1972”
2018-07-12"Time to part with what I’ve gleaned,
pick your favourite, he said,
I’ll print it, frame it, bring it round."
Bergplek: ’n Tweeluik
2018-07-11"heeltyd speel as klankbaan hier buite
sang uit die klip, klink applous uit die kluite
lang riete skilder stadig, die middag verkleur
terwyl die berg wind tot musiek bekeer"
Joe Orton
2018-07-11"voorstedelik
tussen woonstelmure
die forensiese hermeneutiek
van die kunswerk tot sy essensies ingeperk"
Philip Larkin
2018-07-10"want dit is hier, meneer Larkin
vanuit jou oeuvre se sepiafotografie
waar die luiperd
met kragtige heupe vaartbelyn
geruisloos die leser bespring"
29 Maart 2018
2018-07-04"Sy hart klop vinniger, sy asemhaling vlak in sy keel vasgevang. Dit lyk anders as twintig jaar gelede. Herkenning van voorwerpe registreer onwillig. Hy herken die twee drogbeelde van monsters wat steeds die ingang na die hotel bewaak."
Bybel in Kaaps: Priedeke 3 en 4
2018-07-04"Twie is bieter dan een, wan hulle kry meedere uit hulle wêk. Assie een val, dan kannie anner een hom optel. Maa kry daai een jamme wat allien is en val en daa is niemand wat kan helpie."
Die President se Pretpetpak-parade: ’n toekomssprokie
2018-07-03"Hy is besig om, in opdrag van Die President, ’n Pretparade ter ere van einste Nommer Een te reël. Dit gaan ’n hygend-genotvolle Skouspel in drie fases wees – met dansers, vuurvreters, akrobate, towenaars, narre en ’n militêre orkes wat Planeet Reënboog se Weermag, Vloot, Lugmag en Mediese Korps verteenwoordig."
Die huldeblyk wat nooit gelewer is nie
2018-07-02"Huldeblyk? Dis die eerste woord wat ek hiervan hoor. Ek kyk op die program in die begrafnisboekie wat nog die hele tyd onoopgemaak in my hand is. Ja, sowaar!"
Soos ’n leeuwyfie
2018-06-28"Die gordyn het grasieus toegeval toe die begrafnisondernemer uit die vertrek geloop het. Isabel Roux was alleen oor in die kamer. Stil het sy na haar man in die doodkis gestaar."
Wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) bekend
2018-06-26"Vanjaar was daar weer ’n goeie oes van kort onder 1 000 inskrywings. Dis die grootste skryfwedstryd van sy soort sedert sy ontstaan in 1979 met inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee." Hier is vanjaar se wenners!
Sprokies in Kaaps: Rooikappie ennie wolf
2018-06-20"Toe Wolf nou klaa sy lekke brêkfis geïet het, het hy omgedraai en wee trug in Ouma se bed geklim, homself mettie koeberse toe getrek en net daa annie slaap geraak."
