#politieklimeriek – Week 2: Hier is al die inskrywings. Die weekwenner sal op Woensdag 20 Februarie aangekondig word.
Inskrywings vir Week 3 word ingewag – stuur joune nou!
Kompetisiebesonderhede:
Wikkie Burger
Donkerland
Eskom is skaars verdeel in drie
toe slaan beurtkrag weer my familie
dit laat mens wonder
wat daar na sononder
gebeur as niemand niks kan sien nie
Johann Jordaan
ʼn Blinkgesig-ou genaamd Hlaudi
Ry graag met sy Merc en sy Audi.
President wil hy word,
maar hy moet eers leer stort
om hom skoon te was van i-fraudi.
Elizabeth Hentschel
Daar was eens ʼn Koning Vermeer,
Hy’t he-he gelag en nie regeer.
Toe’s alles ʼn flop,
Vermeer is uitgeskop.
Nou is Meneer Vermeer nie meer.
Lita Renney
SONA krag in Cyril se spasie
SONA geldjies en inspirasie
Heel Gupta-loos
Sy Comrades boos
Beloof hy almal toe ʼn plasie.
Deon Meiring
Gewoonlik weet ’n spesialis
beslis wat die wyse ding is
maar praat politiek
en al wat kan kliek
weet méér as die héél kundigstes
Myrtle Theart
Hy Trumpetter graag via twitter
Sy mond is glad, ʼn man van glitter
Is jou rug teen die muur?
Die bakstene te duur?
Vir jouself sal jy altyd skitter
Madelie Human
Stuur vir my, sê die man van die dag;
Ons werk saam is die kern van ons krag.
So kom ons mos om,
Want ons is nie dom,
MAAR die grypende hand hou die mag!
Ben van Tonder
ʼn Staatsman praat sag uit die Kaap,
in sy mense se sluimer en slaap,
maar al wat hy sê,
is wat ander wil hê,
want soos ons is hy lankal gekaap.
Tania Melnyczuk
Haai, daar staan ou Peter Marais!
Ek dag dan daai vent het gaan lê.
Hy crash elke party,
Plus nou wil hy vry –
Hoeveel Peters wil kiesers dan hê?
Petro Nhlapo
In post-rassistiese SA
kan Boere hulleself dít vra:
Weet jul kohesie
is nie te vrees nie?
“Man up” en begin jul gedra
Marlese Nel
My krag is gedaan ek is lam,
die koffers is leeg en so ook ons dam.
Die stert swaai die hond,
die fên slaan ʼn klont;
is jy moesie of vy met ʼn vlam?
Coen Vollgraaff
almal kry nou vir JZ voor stok
maar hy sê hy is net ʼn sondebok
nou dans en sing die groot meneer
maar sy hart is eintlik baie seer
want die wysie is op die maat van Jailhouse rock.
JAE Louw
ʼn Man genaamd Julius
Dis ʼn ge-command en ge-chief
met sy makkers ge-bully-ʼn-beef
oor geld en oor grond
spoel hy sy groot mond
die stert swaai die hond definitief!
Elmarie Van Kampen
Speaker Baleka Mbete
vermaan en bestraf té verbete
die Honourable Members
gedra hul soos kênders
hul status en amp haas vergete
Jedrie Harmse
Grondpap
Kielie die farmer kielie die boer
Gryp sy grond, val jou pap op die vloer
Hy sit sonner reën
Hy woel sonner seën
Ag Julius man, jou moer
Lonelda Taljaard
Dis nag in die dag vir Gordhan
Wat het van die ligte geword dan?
Ramaphosa is geskok
Het Eskom dan gejok
Beurtkrag is geen grap, man
Fanie Viljoen
Daar was ʼn prez genaamd Zuma
Wat ʼn mansion had op Nkandla
En sou jy hom vra
Is jou swembad al klaa’?
Dan sê hy: Dis net vir ʼn vuur daa’
Sonja Burger
Geskroef
Jan Taks eis sy vleis hierdie maand
en ons brand nou ʼn kers elke aand.
Maar die man oppie paal
beloof met ʼn smaal
meer werk en meer geld virrie grant.
Gerda Venter
Ons kom saans heel vroeg in die bed
met Eskom wat weer begin loadshed.
Met kers en kondoom
sê ek en die oom:
ˮAg nee wat, ons kla nie. Dis groot pret!ˮ
Ilse Schoeman
Die rand in ons land het geval
Die prys van ʼn huis maak my mal
En nou moet ek loop
Om kerse te koop
Dis pikdonker hier in my stal!
Stephan Schoeman
Die Guptas steel geld uit ons land.
Eskom se kole wil nie brand.
Waarʼs die “blou collars?”
Selfs die Zim dollars
Is amper so sterk soos die rand.
Sucille van Wyk
Dis stemtyd en praatjies word heter
die land is verward en onseker
Ai DA julle Mmusi
auntie Pat wou verwoesie
Wat doen ons, hoe maak ons dit beter?
Carla Gerryts
Soustrein ry
Die kondukteur het nie ʼn saak
Slegs eersteklas moet hy oor waak
Whiskey in die hand
Sy siel reeds verpand
Geen plek aan die armes bemaak
Peter van der Schyff
My Zilleriek
Daar was ʼn kwaai tannie met brille
wat SARS mos wou boikot met nulle,
maar elkeen wat luister
bly half in die duister
want wie vra nou ˮHoé?ˮ vir me Zille?
Hendie Grobbelaar
Beloftes
Madiba se droom is aan skerwe
Voos ESKOM is aan die sterwe
SAL vlieg al skewer
En die Rand die bewe
Maar beloftes gil oor die berge!
Michellé Hattingh
Gebotterde rooikepsie sot
jou tong bely glibberig jou lot
want Emma Kôlema
besing vir Malema
en sien nie hoe sy mal-eiers vrot.
René Joshua
Daar was eendag ʼn man met ʼn plan
Hyʼt gesê as ons wil, sal ons kan
die gety laat omdraai
as hy die septer mog swaai
En die ligte afsit nou en dan.
Willem Andries Joubert
Ons land (kan jy glo!) had ʼn plekkie
Vir ʼn man met ʼn syfergebrekkie
Miljarde raak weg
Als word net te sleg
En steeds bly hy sê “Dissie ekkie!”
Jo Prins
Grootbaas Cyril Ramavoosa is geskok en kwaad,
hy’t die Kretie en die Pletie aan die praat.
Waar wás hy dan dié man
met daardie allergrootse plan?
Nou sit ons in die donker op die straat.
Willem Myburgh
Aandag, aandag! Dit is weer tyd
Ons almal is alweer elektrisiteit kwyt
Maak reg en steek op jou kers
Tyd om te brei aan jou kombers
Fluit, fluit, Eskom se krag is uit!
Frederik de Jager
Daar was mos dié outjie, Malema.
Hy bou ʼn mooi huis vir sy grêmma.
In óú lap se roi
het hy graag getoi.
Vir geregtigheid? Ek weet nie. Sê ma’.
Liezel Visser
Die Hoof van die Staat, geskok en kwaad.
Beduiweld en platsak, die man op straat.
Wag, vasbyt! sê Eskom;
Ons maak gou ʼn som.
By Brulpadda lag die oliemagnaat.
Quinten van Tonder
Die groot skare se gedruis
toe hy staan hand in ʼn vuis
Jy beloof weer jou Zuma!
ag weet jy wat, toema
gaan kry swaar in jou sinkhuis
Ilne Fourie
Rooi Kappie
Daar was ʼn man van Polokwane
wat nie mooi Engels kon verstaan nie
met sy rooi kappie op sy kop,
beland hy gedurig in die sop
En Suid-Afrika skree: ma lê ma, ons kan nie meer staan nie!
Gerdus Taljaard
In Kimberley is hul bekommerd
Hul gat was eers iets besonders.
Maar onlangs het ʼn gat
in Welkom se pad
sy grootte geweldig oordonder.
Gisela de Villiers
ʼn Sekere dame, me Zille
benodig nou brille en pille
Die vrot retoriek
maak haar sò naar en siek
jy hoor net haar brulle en gille!!!
Helgard Brink
Hul sê om krag te kry is plig
Ek gee dan altyd met ʼn sug
My kers brand uit
Vat jou elektrisiteit
Af en aan en almal is verlig
Rudie van Rensburg
In die stikdonker beurtkrag-uur
het arme Cyril niks om te vier
Want met elke minuut sonder lig
verdwyn nog ʼn kieser uit sy sig
En met Fase 4 hier is daar geen kuur
Alita Steenkamp
’n Vrou van die Kaap, Helen Zille,
Hoor een oggend vreeslike gille,
Haar brakke het weer,
ʼn Diener beseer
dié strydros gaan opdok vir pille!
Minda van Loggerenberg
Daar was ʼn man met ʼn plaas
wat hom na groot rykdom wou haas.
Nouʼs hy sonder troon,
vriend en vyand verloën
en al wat hy het, is geraas.
Deon Lewis
My hart klop angstig in my bors
As iemand ons land so opmors
Ek hou goeie moed
Gaan nie my land groet
Maar mense is honger en dors
Donovan Greeff
Die Nuwe Skipper
Die nuwe skipper sweer nege helle
Die oesterskuit kry ’n nuwe propeller
Loep naai! sê die visters
Ons vingers het blisters!
While’ie chiefs ennie thiefs is nog eeninie selle!
Wilna Krebs
Zuma dreunsang
Daar was ʼn man daar van Nkandla
Geen Awethu meer op sy Amandla
O gee, gee vir Gupta
Was sy dreunsang-mantra
Stort nou maar op iPata-Pata
Jaomi Zeeman
Verkiesingsveldtog
Hoenderkoppe op lamppaal-plakkate
Stal hul windeiers uit langs die strate.
Hulle kloek en probeer
Goue eiers passeer,
Maar broei KFC-kuikens en -vrate.
Alida van Heerden
Klong van Nkandla
Poeseligge klong van Nkandla,
Warm stort en beet-asem, ˮHamba!ˮ
ʼn Poespas nou vir Cyril,
Jy ˮhe-heˮ en jy giggel,
Jou kierankies braai op hoofnuus-veranda ...
Jackie de Vos
Skemerkelk-uur vir die Juju-wonderkuur
Trek nader die tjwala, Njala en tjoppie vir die vuur,
my t-t-Tutu vir Juju se popkas sesuur,
my glasie, Klaas Vakie, met ys,
vir Jan (eisj!) en Johnnie inkluis;
saam-saam dronkgeslaan oor die Juju-wonderkuur.
Fransie Smit
Kanarie Angelo Aggrizzi
Sing vir die Zondo-kommissie
ʼn Valk wil hom vat
Hy wip toe sy gat
ˮTe maai met jul koalisieˮ
Roelie Rautenbach
Mbete en Julius was eens saam
Toe trek hy ʼn nuwe party naam
Nou met ʼn houding diep rooi
Skel hy en met die taal wat hy gooi
Sal sy liewer tuisbly en kraam
Mader van den Berg
Die Big Chief se wysheid gepiep -
Raad virrie ˮrooistrikkie-griep”:
Bespat jou mette stortkop
Skrop van jou foefenjorts op
En hoop maar die doodsengel skiep ...
Koos Kombuis
Het jy gehoor van daai ou tannie Zille?
Syʼt meer balls as al die Blou Bulle!!!
Sy sê ˮFokkof, SARS!
Julle kan almal gaan bars
Want op my tax return staan daar net nulle!!!ˮ
Anna Greenfield
Elke Zulu, Boer en Xhosa
kyk na Cyril Ramaphosa.
Want benoud soos Ingrid Jonker,
loop ons see toe in die donker,
op die maat van Shosholoza.
Dawid Kahts
Dans in donker (Die Eskom vastrap)
Ons dans op ʼn sinkende skip
Wals met matrose korrup
Laat vaar alle hoop
as jy heel laaste loop
Onthou om die lig af te sit
Mark Graham Wilson
Die Opposisie Blues
ʼn Politikus geheet Zille
het gereeld vergeet van haar pille.
Toe die DA besef
het dit skokkend getref
dat sy nie haar naam gat maak – maar hulle!
Nico Johan Rens
SONA Gesang
In Kaapstad hou ons lekker paartie,
maar nou vind mens g’n wyn of sosatie.
Want daar kry jy net kak
ʼn hoop stront en pot twak -
Ja, by SONA kry ons fokol raad’ie.
Pierre de Villiers
Kim Jong-un
Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un,
word deur die psigoloog, Carl Gustav Jung,
as ʼn argetipe gediagnoseer
Kim is ʼn vet chinese pandabeer
Hy bulder soos Hitler, ˮAchtung!ˮ
Sandra Visser
Theresa sug soggens oor brekfis:
ek’s al kort-kort diep in die dinges!
Was ek maar Meghan Markle
was die grootste debakel
of my rok Prada of Louis Vuitton is.
Merinda Kruger
Wasdag
Aggrizzi het sy onthulling in detail bedien
hope vuil wasgoed vir almal om te sien
bondels omkoopgeld
was net skoonveld
in ʼn glad-geoliede geldwasmasjien
Mana Wessels
Strategie
Vir wie kan ek nou nóg blameer
Vir dié vir daai, ek appelleer!
Verkiesings op hande
Ontken alle skande
Vir selfgewin behou beheer
Wilhelm Wessels
Laaste kans
ʼn Man genaamd Peter Marais
Wou polities net nie gaan lê.
Toe kyk hy maar rond
Sluit aan by die Front
Hoop om sy volle sê te sê
Coen Havenga
Dit is weer Bosasa se nuuskas
en almal gryp hul ore vas
Oupa Uil sit en huil
want sy vere is so vuil
nes die geraamtes in die kas
Ellari Campbell
Piet Verwey het sy punt gekry
sy pa is geskok: dis swak verby!
Maar Piet verdedig wild:
dit is mos nie sy skuld
Eskom se clutch het alweer gegly!
Ronel Lesch
Die oplossing
Wie sal nou "worry" oor ʼn spoeltoilet?
Klasloop in ʼn opslaanklas is mos pret.
Maar ons redding het gekom.
So sal SA onderwys blom.
Geen "worries" as jy eers ʼn tablet het!
Carma Shaw
daar was ’n ou man genaamd Trump
wat graag sy kop teen ’n muur wou stamp;
hy twiet Meksiko
sal die muur moet bou
maar hul weier en nou’t hy ’n kramp
Marisa Potgieter
My moeder se taal is my brood
Maar niemand wil vir haar meer begroot.
Boelies wil haar hang
Want eintlik’s hul bang!
Maar kyk maar sy gaan nie net dood.
Jenny du Toit
In ons land van melk en heuning
Is ʼn werk vandag ʼn seëning
Net vir minimumloon
Verryk hoë’s op hul troon
Hoor die soustrein, hoor die dreuning
Johan Kotze
Die EFF het vir grootbek Malema
Dus kom help bietjie, Emma Koelêma
Want hy hou nie van wittes
En dis presies hoekom dit is
Ons sit met n moerse dilemma.
Yvonne Botha
Twee anties vannie Kaap in
Antie’s Pat en Helen in bewin
Pat beweer sy’s gekul
Helen aan’t bitter woorde smul
Nou’s altwie hul moer in
Elmi Smith
My ma sê die man is ʼn groot rol
Sy sê ons is lankal al keelvol
Elke sooi vol van hooi
Word pleidooi deur die rooi
Ma lê ma’ tot Cirrie hom uithol
Mariaan Taljaard
Zuma het alweer getrou
Is dit dalk die sesde vrou?
Die nasie skreeu Amandla
Toe ontstaan Nkandla
Prezzie lag en word uitgejou
Marianne de Jong
Daar was eens ʼn lustige suster.
Met geld was sy glad nie van gister.
“Vir ʼn huis vol vleis
En baie whiskey op ys
Word jy mos maar net ʼn minister.”
Suzette Richards
Daar was ʼn kwaai man by die SONA
Wieʼt gedog hyʼs by eie boma
Links en regs geklap
Die gereg te slap
Hom aan die pen laat ry? Aikona!
Catea Sinclair
Verk(n)iesing 2019
O, populis! roep die massas uit
terwyl Suid-Afrika stem-stem skyt
en oral nooi ʼn lamppaal jou
om ʼn briefie in hul boks te vou
ag, Mei, kom tog gou sodat ons net kan verk(n)iesing hou
Pieter Hugo
Cyril
Na jare van sug onder Zuma,
Sê Cyril “Ag bogger dit, toema,
Kom trek net jou kruisie.”
Maar als issie pluisie,
die soustrein stoom gou weer met woema!”
Anton Döckel
Skoon Bosch
Markus Jooste, adres: Stellenbosch
Word toe siek, die fiere strydros
Hy kla: hospitaal
julle skeer my te kaal –
Meneer, jou boekhou was meer losklos
Lizette Simpson
Aai toggie, dié niggie Nomvula
Haar sakke die bult van ons moolah
Bosasa moet gee
ʼn Skapie of twee
Belastingbetalers kan “thula”.
André Black
Daar is ʼn dame Helen Zille
Twitter is vir haar soos pille
Sy is moontlik verslaaf;
aan twiets word nooit geskaaf.
Ai Zille gebruik tog daai brille.
Dietloff van der Berg
Kan hy keer?
Daar bly nou ’n man by Nkandla
hy stort nie maar swem in sy tanga
want sy vuurpoel bly koel
deur al die gewoel
oor hoe om te keer vir die vangwa.
Annalise du Buisson
Bosasa jy woel en jy roer
Daarom is Jan Publiek in sy moer
Die winde het gedraai
Bosasa in hul maai
Nou kan ons weer vorentoe boer
Gerda de Wet
Ons het ʼn president, sy naam is Cyril
Hy is baie flink om vir Julius te kapittel
Maar Julius wag vir sy grond
En die president staan bont
Sodat almal in die land begin rittel.
Kommentaar
Jy was eens Bruce die hartedief
Jou musiek proe net soos boeliebeef
oranje blanja blou
Die regses hou van jou
En dis hoe dit is - met Steve
Djy laaikie sound van djou eie stem
Djy skiem jys Jesus Christ van Betlehem
Djou donkie issi Duitse kar
Weet djy nie djyse nar?
Met djou rooi pet skrou djy "us and them"
Litnet Hoekom kan die 'verloorders' van week 1 nie 'n nuwe limeriek inskryf vir week 2 nie
Ek stem vir Koos Kombuis!!
Ek sien my inskrywing vir week 2 nie op die lys nie. Hy het seker nie deurgegaan nie. Sal dit weer instuur.