Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes, deel 4

  • 0

Die ou vrou was baie vriendelik voorie kinners, en sy het voogegie dat sy omgie virrie kinners. Maa sy’t hoekal gewag vi hulle om by haa huis uit te kô. Wan sy’t haa suikehuis gebou soedat sy die kinners kan anlok. Wan as sy hulle eeste binne haa huis gekry het, dan het sy hulle opgekap en in ʼn groot swat pot gekoek en dan die kinners geïet. Dit was haa Krismis.

Die heks se oë was bloedrooi en sy kon nie baie vê voo haa sienie, maa sy kon baie goed ruik, ampe soes ʼn hond, en sy’t somme baie gou gewiet wanne daa mense naby haa huis geloep het. Toe sy ruik dat Hansie en Grietjie naby haa huis was, het sy soe lekke gelag en gesê: “Nou het ek hulle! Ek gat dam lekke iet, en hulle sallie van my af kan weghaloepie.”

Vroeg die neks oggend, nog voorie kinners wakkegeskrik het, het die heks opgestaan en voorie kinners gat staan. Sy’t hulle bekyk soes hulle daa lê en slaap het, ampe soes ʼn ma wat baie lief is vi haa kinners. Maa die heks wassie ʼn liefdevolle ma nie. Sy’t vi haaself gesê: “Oo! Ek gat dam lekke iet an julle twietjies.”

Sy gryp toe vi Hansie uitie bed uit en gat sluit hom op in ‘n hok wat sy het om kinners in te hou. Hansie het geskrie en angegan, maa dit was veniet, wan niemand kon hom hoo of helpie. Die heks het toe trug na Grietjie toe gegan en haa uitie bed uit geruk. “Staan op, jou leisgat! Gat haal water en koek iets lekke vi jou broe. Hy’s innie hok innie jaat en hy moet vetgevoer wôd. En wanne hy lekke vet is, dan gat ek hom opkoek en dam lekke iet.”

Grietjie het kliphard beginte huil, maa huil hettie gehelpie. Sy moes maa net doen wattie slegte heks haa gesê het om te doen. En soe wassie beste kosse vi Hansie gekoek, soedat hy kan vetter raak, maa Grietjie moesie ooskietsels iet.

Elke oggend hettie ou heks vi Hansie innie hok gat kuier en gesê: “Hansie, kô, stiek uit jou vinge lat ek kan sien hoe vet djy nou al is.”

Maa ommattie die ou heks nie lekke kon sienie, het Hansie ʼn ou hoenerbien elke kee vi haa gegie om an te voel. Die heks,l wat toe nie kon sien dat dit ʼn hoenerbien issie, het gewonne maa hoekô wôd Hansie nie vetterie. Vier wieke het vebygegan, maa dit het nog steeds gelyk soes Hansie nie vetter raakie. Die heks kon nie mee waggie en het vi Grietjie geskrie: “Grietjie, waa is djy? Gat skep water, wannit maak nou nie saak of Hansie vet of maar issie, maa net môre maak ek hom dood en koek hom op.”

Grietjie kon nie ophou huil soes sy die water angedra het vi Hansie om in gekoek te wôtie. Sy’t beginte bid: “Asseblief Jirre, ek soebat, help ôs tog net,” het sy gehuil. “As ôs deu wille diere doodgemaak was, sou dit bieter gewies het, wan dan was ôs saam mekaa.”

“Dink djy bid gat jou nou help?” sakkie heks af toe sy hoo hoe Grietjie bid. “Dit gat niks baatie.”

Wôd vevolg

Lees ook:

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 3)

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2)

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top