Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2)

“‘Waa sien djy ’n duif?’ vra sy stiefma toe vi hom. ‘Maa oek lekke dom, nuh! Ienige mens kan sien dis die son wat tien die skoorstienpotte skyn.’ Maa Hansie hettie vi haa kop toe gevattie, en vêder angegan ennie stukkies brood soes hulle geloepit innie paadjie gegooi.”