Openbaring 4

  • 0

God die Skeppe wôd innie hiemel anbid

4 Hiena het ek gekyk en soe wragtig, ʼn deu het oepgestaan innie hiemel. Die eeste stem wat ek gehoorit was soesie harre klank van ʼn trompet. Dit het gesê: “Kô op hientoe, en Ek sal vi jou wys wat hiena moet gebee.” 2 Onmiddellik was ek onnerie krag vannie Gies. Kyk! Daa was ʼn troon innie hiemel en Iemand het daaop gesit. 3 Ennie Een wat daa gesit het, het soes jaspis en karneool geskitte. Die klere soes ʼn rieenboeg het geskyn reg ommie troon.

4 Daa was vie-en-twintag kleinere trone ommie troon. En op die vie-en-twintag trone hettie oudelinge gesit. Hulle het amal wit klere angehad. Hulle het krone wat gemaak was van goud boe op hulle koppe gehad. 5 Daa het weeligstrale en donnerslae en geraas vannie troon af gekô. Siewe vlammende fakkels het reg voorie troon gebran. Dit wassie siewe Gieste van God.

6 Vlak voorie troon het dit gelyk soes ʼn spieëlgladde siee, soes kristal. Om die troon en an elke kant vannie troon het daa vie liewende wesens gestaan, met oë annie voo- en agtekant. 7 Die eeste liewende wese het soes ʼn leeu gelyk, die twiede soes ʼn bul, die dêre het ʼn gesig soes dié van ʼn mens gehad, ennie vierde het gelyk soes ʼn baie groot voël wat met sy vlerke oep staan.

8 Elkeen vannie vie liewende wesens het ses vlerke gehad wat rondom en annie binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag sonne ophou angehou sê:

“Heilig, heilig, heilig
issie Jirre God, the Almagtige Een.
Hy wat was en wat is,
en wat nog moet kô.”

9 Elke kee wannerie liewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring an Hom wat oppie troon sit, Hy wat vi altyd liewe, 10 val die vie-en-twintag oudelinge in anbidding voo Hom nee wat oppie troon sit. Hulle anbid hom wat vi altyd liewe en sit hulle krone voorie troon nee en sê:

11 “U is waardig, Jirre ôs God, ommie heerlikheid,
ennie eer, ennie mag te ontvang
ommat U alle dinge geskape het,
deu U wil is alles wat bestaan, geskape.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top