
ʾn Gedig na aanleiding van die onlangse Bettiesbrand
Overberg verstik swaar aan die reuk van rook en roet
waar die ligfakkel duisend sterre versper het
en ʾn boosdoener skuldig sy hande (gemaak biddend) vou
dans vuurtonge onbeheers met grou vlerkslae
wyl ontembare oranje-goud
verstard swart littekens oor die vertes lek
skemer het ontydig in dié onheilsdag kom vou;
waar die warmwind se asem grimmig blaas
word die landskap ʾn verskrikking
doodsheid woed
oor die onmag van mens en dier
terwyl die vlammesee verdelging saai
dom mensehande
het wreed verwoesting kom saai
en soos warm sneeuvlokkies
dribbel die as en roet van bo
onderwyl seevoëls swerm en draai
luid kwetter hul oor die onreg gedoen
waar die murasie van my huis (asof in versagting) gloei
lê die puinoorblyfsels van my huis in swart en bloei.


Kommentaar
Pragtige gedig, Anze
Baie dankie Driekie Grobler vir jou saamlees ek waardeer baie.
Wow vriendin, dit is puik gestel, baie baie geluk, dit is voorwaar n treffer ... Amen.
Meesterlike skrywe.
Pragtige gedig.
Baie dankie Louisa ek waardeer jou mooi kommentaar en saamlees.
Baie dankie vir jou mooi kommentaar Karen ek waardeer baie.
Sjoe, Anzé, jy skryf uitmuntend.
Pragtig Anzè, hartseer maar so mooi beskryf.
Baie dankie Laantie ek waardeer jou baie.
Baie dankie Leonie vir jou mooi woorde ek waardeer baie