#politieklimeriek – hier is Week 1 se inskrywings.
Skryf nou in vir Week 2!
Kompetisiebesonderhede:
Mieke Hugo
Zapiro vir ewig in die sop
Pasop! Die regering hou jou dop
Stort-kop het met veel mag
Vryheid van Spraak verkrag
Zap, nooit te bang om die land te skok.
Noah Borain
Hanswors met jou Vryheidsfront-vlaggies
Groter grap as dié met rooi kappies.
Toertjies soos sirkusnarre
Gee net om oor blink karre
Lieg en bedrieg vir gesteelde Randjies.
René Bohnen
Bosasa
Van soustrein ry kom lekker kry
en kaders wat mos voëlvry bly
ʼn Kanarie wat sing
dat die Valke so spring
versteur die sakkepakkery
Leendert Dekker
"Dari leuende toring, Aggrizzi,
hel gevaarlik inni Commizzi",
peins Cannetti Allezzini,
'n ontwerper van Bikini,
"openbaar alli waarheid viri vizi".
Frans Boot
Die Politiek maak my wragtig klaar
Dit Bosasa hier dit Bosasa daar,
Die hele spul is so is so pateties
Kopskud mevrou is glo oneties
- superieur? Sowaar ou swaer!
Elize Kruger
Voor die staatskapingskommissie,
beland van eks-president tot polisie,
deur 'n judaskus
onder korrupsiebus,
hul is almal ge-Aggrizzi!
Hermé van der Merwe
Aggrizzi
Daar is ʼn man met die naam van Aggrizzi
Van geraamtes weet hy meer as net ietsie
Politici sweet
Oor wat hy als weet
Rooiwang kry slim Aggrizzi toe ʼn pietsie!
Sanet Odendaal
Ek kan daarie nommers nie lees
Ek speel parlement soos ʼn kees
Ek stort na ʼn fling
Ek was bloot my blieng
Ekʼs Zuma, ekʼs Pollsmoor se bees
Jonine von Wielligh
Oorpak-narre in ʼn kabaret
hits grondgrype aan met ʼn rooi baret
draaijakkals opstoker
boere wil hom moker
dié windprater parlement kadet
Babsie Jacobs
Aggrizzi en die Zondo Kommissie
ʼn Meneer Angelo Aggrizzi
Was op ʼn fluitjieblaas missie
Hy praat oor korrupsie
Maar maak toe ʼn glipsie
En sê hyʼs ʼn rassis op televisie!
Marius Ackermann
ʼn sekere Jacob G Zuma
was meer as net gê-gê indoena
wou die staatskas omkeer
ʼn paar vroue iets leer
met sy tiervel, hoogskop en Vuma.
Molly Lubbinge
Rooi
Met die rooi hoedjie skuins op sy kop
en die haat wat daar in sy hart klop,
vertrap hy ons hoop.
Ons trots word gesloop.
Maar Iemand daarbo hou hom dop.
Neels Jackson
In ruil vir die trek van jou kruisie
beloof ek vir jou ʼn huisie.
En wat dit ook verg,
ek beloof jou ʼn berg
wat lewe sal skenk aan ʼn muisie.
Sharon Volschenk
ʼn Sekere kroekit leier
was toe eintlik ʼn beter vryer
hy wou eerder fuif
het toe vele bestuif
en nou raak sy glimlag net wyer
Mary Sadler
Die verkiesing bring ons Goede Hoop
dat dit Cyril tot besinning sal noop;
maar as die erwe van vaad're
uitgedeel word aan kaad're
gaan die Kaap sê: aikôna, ons loop!
Isabel Smit
Glibberige Hlaudi
ʼn Heer by die SAUK
loer knaend onderdeur en pla.
Kry dié flambojante vent
dalk ʼn pos in goewerment,
vreet ek my hoed op en tjaila.
Esther Stieger
Malema
Eisch-eisch vir Julius Dilemma!
Ge-"toyi-toyi" in rooi vir sy grêmma
Hy klim haastig en so lastig
Op sy seepboks! "gesteelde grond" kastig
Om boere te pla, van hul plase te verja
Willem Kempen
Keer op keer het die commander van die Ee Ef Ef
Vir Oubaas Msholozi in die Parly gerev
Please Madam Speaker
Ons is ammal tog te sieker
Zuma se pawpaw het die fên getref!
Jeannine Pratt
Maar hier, Maria de la Queillerie,
voer Jan, jou man, géén kwelling nie!
Durf hy blatant ons staat ontstig;
so kru op vooruitgang gerig ...
Vind jy dit nie ontstellend nie?
Marie van Rensburg
Die goeter wat mins lat mak (Griekwa-Afrikaans)
Als jil’s se ogge verloor hil sonne-kyk,
jil slapvoet loep soos wanner duine warm bijt
dan’s jil laat wanner ons bok-trop maak.
Maar ʼn nuwester goeter mak mins glo laat
Daardie knypbout-goeter mit die naam: apartagheit
Hendrik Fick
Mnr Zuma
Nog vars uit die tronk het Mandela
Gedans op die maat van ʼn kwela
Toe kry ons Zuma,
op die maat van die ghoema
So vals soos ʼn skril vuvuzela
Joan Boot
ʼn Sekere man van Parys
beweeg al hoeka op dun ys
Die geloei van ʼn koei
kan hom tog net nie boei
Sy roepnaam is nie verniet Ace!
Jak J Brits
Stortkop Zulu van Suid-Afrika
Wie regstreeks herinner aan Raka
Ongeag van tiental vrou
Land betaal as hul trou
Stuur groete aan tata Mandela
Charmayne Smit
Daar was ʼn fluiter van Bosasa
Wat mense laat gryp na hul tasse
Kontrakte van miljarde
Laat reputasies aan flarde
Hogeres skarrel vir hul eie basse!
Robert Koen
Die status van ons politiek
Laat my dink aan die ou republiek
Daar’s ups en daar's downs
Daar's villains en clowns
Half sirkus, half Hollywood fliek!
Theo van der Merwe
Ramaphosa soek na ʼn plan,
niks werk eer hy Zuma verban.
Met ʼn Gupta hier,
ʼn Bosasa tier,
kan onse man kwalik ontspan.
Armand Bruwer
Arme verwarde Malusi
Kon vir geen fireblades meer koesie
Toe verfilm Gigaba
sy slaapkamer Indaba
nou weet almal van sy stoute moesie
Thania van den Berg
Die keiser ry in met sy vloot
BMW’s wat vleg deur die skroot
Hy wuif vir die skare
En tokkel hul snare
Maar wis nie sy jewels is ontbloot
Gerda-Marié van Rooyen
Spieëltjie, spieëltjie sê jy vir my
Wie almal op die soustrein ry.
Stropers, smulpape,
Tandtrekkers, klaasvake.
Dis hul wie 'n goue handdruk kry.
Menini Gibbens
Handige politici
ʼn Politikus, so word berig,
Se siening is links of regs gerig,
Maar by staatsgeld gekom,
Moet jou glad nie verstom,
Is almal per slot dubbelhandig.
Cherié Barnard Terblanche
Baas Klaas
Boerbeskuit en koffie op die plaas
Ver weg van die stad se geraas
Ek wou nog gaan plant
Toe’s ek minus my land
Wie is nou baas en wie’s Klaas
Riana Scheepers
Engelekoor (vir Angelo A)
ʼn Grootse sanger was Pavarotti
ou Bocelli is ook glatti vrotti
maar die snaar wat die lekkerste sing
oor hierdie nare Bosasa-ding
is Agrizzi, glad nie meer verrotti
Helene Swanepoel
Kruisie behep
Vals gesang van die kruisie behep
Knipoog vir sy broer onder gebed
Wie verdien die goue eer
Van ons met harte seer
Smagtend na ʼn reënboog wat ons bedek
Liz Walters
Ministers
Ministers is slim mans en vrouens
wat werk met die kieser-vertrouens.
Maar as hulle kul
swyg die hele ou spul
En beloof om hul bekke te houens.
Fred Walters
Kolonoskopie dui op ’n pyn
waar die son tog maar selde kom skyn,
Die oud-Pres se derm
wys mooi op die skerm
’n Duid’like prent van sy brein.
Marié Heese
Ace Magashule
’n Gewese premier ene Ace
moet getuig in ’n state capture-kys.
Maar wat sit in sy broek?
Smallanyana, of kroek?
Ons sal sien as hy uithaal en wys.
Francois Meyer
15%
in rande en sente se tel
word geld se ou waarde geskel –
siembamba lê dood
langs krummels van lood
in SARS se inflasie en hel
Kallie Pauw
Ek vra of jy stem soos ’n skaap
of is jy wat stem dalk ’n swaap?
jou stem gaan aan Zuma
want hy het mos woema
al is ons so lelik gekaap.
Dirk Laurie
Hoender- en vuurvreter Julius
laat almal dink wat 'n fulius
maar hulle's verkeerd:
hy's slim en geleerd;
al daai bewys net hoe culius.
Franz Dullaart
’n jong bariton van orania
val van ’n hoë hyskrania
hy beland toe wydsbeen
op ’n muur van baksteen
en nou is die man ’n soprania
Linki Steyn
“Die land se bestuur gee die gees”,
is die boodskap wat mens oral lees.
Tog het dié in beheer
Braaidag goedgekeur
So hoe erg kan dit dan regtig wees?
Luisa van der Linde
Bosasa
Agrizzi kry skaam
Hy’s skielik man van faam
maar snags klou hy sy bersie
met dapper perversie
want die base soek sy kop in ʼn raam.
Hennie van Deventer
’n Wakker tenderpreneur met ambisie
Sien sy kans in Bosasa se missie en visie:
Sy kontrakte was bielies
Vir al die hoenders se mielies;
Nou’t hy rusie met die Zondo-kommissie.
Gerhard Erasmus
Die party van Mandela en Zuma
is geskool deur die land van die Duma
maar die sekels raak stomp
en die kamerade raak lomp
en die party’s nou ʼn tjor sonder woema
Daan Prinsloo
Helen Zille
Die slim ystervrou, Helen Zille
Het baie bekoor met haar grille.
Sy wil almal dien
Maar hulle kan sien
Dis tyd vir haar brille en pille.
Brenden Ruiter
Eendag sit Jakob-met-ʼn-dubbele-kop
ʼn Duur swembad en ʼn hoenderhok op
Maar hy’t nie gedink
Dat ʼn snotgat kind
Hom sal laat flop by sy job
Inge Venter
Net toe ons almal beginne dink
Zuma en kie het ons land finaal gesink
Kom Cyril, Shamira, Angelo
en baie getuies by Zondo
Dalk word ons reputasie nou weer blink!
Liesl Saayman
Politieke polemiek laat humeure vinnig tiek
Veral as verkiesing midjaar almal briek
Aggrizzi kla BOSASA maak hom naar
Terwyl Julies gryp na ʼn lewensaar
Die BLF wil grond afstiek en Musi maak lede siek
Christien Nieser
Daar was eenmaal ʼn ou, Aggrizzi
Heel lywig, nie een vir ʼn fiets’ie
Hy laat waarhede val
Die korruptes raak mal
Hul wil hom nou opdons, nie piets’ie.
Anri Vermeulen
Hier is nou iets ongewoon;
ʼn Verhaal met ʼn heel ander toon
Ons eks-president,
(daai laggende vent)
Ruil dalk stortkop vir mikrofoon
Karien Groenewald
Ou Donald is té lief vir Twitter
Hy reken dis daar waar hy skitter
Sy lakeie probeer
Maar kry hom nie gekeer:
“Maak ‘Merika weer Groot … en Witter.”
Antoinette Venter
ʼn Sekere man in ʼn oorpak
vergader en braak net ʼn spul twak
opposisie gekoer
stuur hom in sy moer
nou tjank hy en gryp na sy potsak.
Jan Schaafsma
Die Goeptas, ’n Watson en Zoem
Is by Zondo al groot kroeks genoem
Die vrome sint Sirrel
Sit soet in die mirrel
Sý geld is as buffels verbloem!
Jean Lombard
Daar was ʼn knaap van die ou Transvaal
Omgekrap en erg radikaal
Met rooi oorjas en helm
Sien jy sommer hy’s skelm
Grootste nar in die land se raadsaal
Francois Abrahams
My naam is Pravin Gordhan
Ek maak skoon in die land, ja ek gaan
Die hele gemors het die staat gekos
En nou is die vos van korrupsie los
Terwyl die Guptas skuil in ʼn bos.
Zandra Bezuidenhout
Parlement-pret
Ons rooiduiwels dans en baljaar
oor die kieserspalawer vanjaar.
Pret en ʼn storie
is nodig verdorie!
Wat sing oom Malema nou daar?
Fielies de Kock
Na drie dekades kla ou FW,
leier van die gevalle NP,
dat dinge in die land nou slegter gaan.
Maar daar’s niks nuut onder die maan –
óf in Afrika demokrasieë.
Jan Vermeulen
as oom pieter groen terug wil slaan
wie het tog die eerste hou gedaan
was dit oom piet retief
of dingaan zoeloe chief
wat nou ons weg na die stembus baan
Angie Gallagher
altaar
die laervuur staan in ligte laaie
by koorsige kierankiebraaie
of jy stem dat hy skroei
of verkies dat hy bloei,
bly dié karmenaadjie ’n taaie
Henlie Barnard
BOSASA
ʼn Man blaas fluitjie oor Bosasa.
Staatskas nou dolleeg, dis verseker, ja.
Bevoordeeldes skreeu, bly kalm.
Hul skatryk, land brandarm.
Geen lied meer van mi casa, su casa.
Yolande Strauss
Eens was daar ʼn man by naam Zuma
Hy maak toe ʼn vriend van ʼn Gupta
Maar die man is ʼn tang
En hul word toe gevang
Nou deel hul ʼn sel en heet Zupta
Yolanda Spies
Ou Trumpty-Dumpty mor oor sy muur
Want almal kla die ding is te duur
Die Wet van Transvaal
Sê die Yanks gaan betaal
En Meksiko se arbeiders huur
Jeanne Henning Els
Oranjekop kerm vir ʼn muur
En May het haar bas in die vuur.
Philip bly rinkink
Nou sit hy met sy hink.
Kyk, Cyril, híér moet jy bestúúr.
Kommentaar
Lekker. Kan nie wag nie om myne en vroulief s'n te sien verskyn.
Julle ken mos vir Antie Patrysie
Daar is nou 'n goeie meisie
Al het Mossie-maar-Man
Haar uit die DA verban
Het sy nie met JuJu gaan kys nie
Daar is ‘n man in die Kaapse politiek
wat rondspring soos ‘n kriek
van een party na die ander
en sy mantel na die wind verander
sy politiek is sowaar sonder ‘n briek
Geagte Litnet
Mag deelnemers wie se limerieke nie verskyn onder die lys van enige week se inskrywings,inskryf vir die volgende week?
Kan die reel oor net een inskrywing nie heroorweeg word nie? Wat van 'n tweede poging as die eerste snippermandjie toe gaan? My voorstel: as jy een keer gewen het, is dit ikabod. Indien nie, kan jy aanhou probeer maar nie meer as een inskrywing per week nie.
'n Meneer met die van Van Tonder
Was ewe groot van bo tot doer onder
Maar sy vrou het gekla
Dit help nie om te vra
Is doer onder net vir mevrou Van Tonder?
Almal sing 'n wysie
vals en vol lieg
'n snit uit die jaar '94
Ek skreeu viva
- maak Steve president
T(ee)F'85
Ek was ondet die indruk dat n mens net een maal mag inskryf? Ek sien jou egter dat vorige mense weer ingeskryf het? Hoe werk dit dan nou?
Wie het weer ingeskryf, Tilla? Ons gaan duplikate na maar dis moontlik dat ons een misgekyk het.