Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
My Trein-ouma
2019-07-24"Ouma se stories. Die soort stories wat jy nooit in enige boek in die wêreld sal kry nie. Familiestories deur die jare oorvertel. Generasie tot generasie. Die stories is nou vaal in my gedagtes. Vaal soos die winterreën buite wat strepe teen die treinvenster trek."
Die koevert op die tafel
2019-07-18"Almal van hulle is vreemdelinge. Ek ken hulle van g’n kant af nie. Almal is so vriendelik en simpatiek. Hulle noem my Cliffie en sê hulle is vreeslik jammer oor Bianca. Wie is Bianca? Is ek veronderstel om haar te ken? Wat steek hulle vir my weg?"
Lossie love stories
2019-07-17"hoekô sal jy ’n romentic relationship inne warzone wil hê?
Daa’sie tyd om nog te staan en vry nie,
jy moet lieweste dai meisie help duck."
My onbekende vriend …
2019-07-17"Almal bly stil. Mense koes-koes en maak asof hulle besig is. Hulle vermy oogkontak met hom. Die jong man met sy vuil klere, okkie-kortbroek en gehawende trui wat laag op sy heupe hang."
Bybel in Kaaps: Matthias 13 (deel 2)
2019-07-14"Maa Jesus het vi hulle gesê: 'ʼn Proefeet wôt geluiste en gerespekteer in anner plekke, maa in sy eie plek waa hy groot geraak het, en in die huis waa hy groot geraak het luiste niemand vi hom of respekteer hom nie."
Klein Klaas en Groot Klaas: Deel 3
2019-07-12“'Oeh, dit? Niee, dis maa net ʼn towenaar.' het Klein Klaas gesê, 'en die towenaar sê dat ôssie nodig het om die pap te ietie, wan hy’t die oond vol lekke kos getoor. Hy’t dit vol gebraaide vleis, vis en pies gemaak.'"
Bybel in Kaaps: die gelykenis van die saaier
2019-07-10"Maa geseend is julle oë wan hulle kan sien, en julle ore wan hulle hoo."
Anders geveer: ’n onderhoud met verlede jaar se wenner van die RSG | Sanlamradiodramakompetisie
2019-07-10"Vir my is die roerendste stories dié waarin die karakters nie helde is nie, maar doodgewone mense — met verwonding, met blinde kolle, met tekortkominge en die gedeelde basiese hunkering om iewers geborge te voel."
olyfboord
2019-07-10"op die wortelstok van die begin
en van die einde
wentel die onblusbare gees
van my ma"
Stellenbosch Poësiekring met Lina Spies
2019-07-04Op 5 Augustus word 'n feesvergadering gehou waartydens Lina Spies die spreker sal wees met die tema "Vroue in die Afrikaanse poësie met klem op Kirsch en Rousseau".
BSV-wennners 2019 bekend
2019-07-03Lees hier wie die wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging is.
Imbongi: die skeepsklok van die SS Mendi
2019-07-03"Jy moes die nag,
toe seshonderd karosse na die seebodem gly,
vir oulaas die wagskof lui"
Die wit koppie
2019-07-03"Soos sy as kind met suikerklontjies gemaak het, haal sy handjie vol na handjie vol pille op ’n slag uit die kardoesie en sluk dit weg met water. Sit die koppie versigtig neer op die bedkassie. Klap haar hande: sy’t onthou! Die tafel is van rooshout."
Die Groot Garibaldi
2019-06-21"Shortie los sy voet en spring op sy rug. Die lug ontplof uit sy longe en deur sy bibberende lippe en hy krul ineen. Die man is mal. Dit was al die tyd ’n lokval van ’n psigopaat, flits dit deur sy brein."
Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen, deel 2
2019-06-20"Ommat Klein Klaas gestap het, het hy ʼn baie lang pad gehad wat hy moes geloep het. Hy’t toe besluit ommie kotpad deurie dik en donke woud te vat. Dit het toe iewe skielik had beginte rient, en hy’t vedwaal innie woud."
