Laat ek vandag maar bieg
sonder ylpraatjies of om te lieg
oor hoe jakkals ’n honger hart
met mooi broodjies kan bedrieg;
soos daai aap op die rug
wat jou hinkepink laat swig
jou kognisie katswink laat
met vier stewels in die lug
– té laat vir jou –
om ’n vurk in die hef te steek
glip hy sy aap uit die mou
– te gou –
het liefde deur die mure
van Jerigo gebreek
met jakkalsdraai beloftes
wat met leuens vetgestop is
en ’n slapriem
wat die hart op horings neem –
wyl jy jouself horende doof
oor ’n dooie rot verheug
skop hy nes agter die kraalmuur
waar hy owerspel kan pleeg
en – as spyt jou ooit ’n snotklap
met die stiegriem toedien
onthou hoe jy die mistrap
deur die vingers kon sien …
***
Nota van die digter: ’n Idioomboeket is ’n digvorm wat hoofsaaklik, soos die naam aandui, uit ’n versameling of rangskikking van idiome en slagspreuke bestaan. Dié digvorm word gebruik om ’n probleem indirek aan te spreek en sodoende ook ’n lewensles te openbaar. ’n Feit, hartsaak of ware gebeurtenis kom deur middel van ’n mengelmoes van slagspreuke (wat saam sin maak) op ’n komiese wyse op die lappe.



Kommentaar
Net so, Loretta👍😊
Baie dankie vir die erkenning Litnet. Dit is vir my 'n groot eer om hier te mag skryf.
Pragtig Loretta. Uitstekende werstuk.
Baie dankie Alta. Bly jy het dit geniet.
😉 Baie dankie liewe Charleine, ek waardeer die saamlees so baie.
Party mense leer nooit. Baie goeie gebruik van idiome Loretta.
Iets baie leersaam vir die jonger geslag, die idiome meen ek. Uitstekend gedoen.
Dankie baie Lisa. Jou saamlees word opreg waardeer
Dankie SH Botha - mag Afrikaanse idiome vir altyd voortleef.
Heerlike leeswerk. Dankie Loretta.
Jy maak die Laevelders baie trots.
Jou idiome is baie goed saam gerangskik. Lekker leeswerk.
Eina! Hoe lekker smile ek nou.
Ek is mal hieroor.
Ek is bly dat jy dit geniet het Diane. Dankie vir die inloer.
Dankie Andre vir die mooi woorde.
Dankie dat jy kom inloer het FH Henning, ek waardeer die mooi kommentaar.
Hierop kan mens net se: "Gesondheid in die blomtyd, mooi meisies in die blomtyd"
Dankie vir die inloer en saamlees Lydia, ek waardeer opreg.
Baie kreatiewe skryfwerk.
Puik leestof wat raak slaan en dit nog met idiome daarby. Jy het jou goed van jou taak gekwyt
Uitstekend !
Dis pragtig Loretta! Dis mooi woorde om n seer les te beskryf. Baie goed gedoen! xxx
Baie dankie liewe Frans. Ek waardeer die saamlees baie.
Ook dankie vir Charmaine en R Human vir die saamlees en mooi kommentaar, ek waardeer opreg.
Baie dankie Ani. xxx