Sag
Maar sterk
Haar woorde bou,
Maar haar trane breek.
Sy is so ’n mooi vrou,
Tog soms is sy maar bleek.
Voor ons dit kon besef
Het depressie haar getref
Sy lê net daar
Na die muur en staar
’n Dogtertjie
Kom op haar eie reg
Want Mamma
Is eintlik weg.
Uit die as
Staan sy op
Kom nou vrou
Hou hoog jou kop
Die wêreld gaan aan
Jou kind word groot
Stof jou af
Klim terug in jou boot
’n Ystervrou
’n Vrou wat weet
’n Vrou wat ek onthou
en nooit sal vergeet


