Vrouedag-skryfkompetisie: Liefste Moeder

  • 0

Liefste Moeder, teer en fyn en sag
In haar oë was daar altyd ’n verskuilde lag.
Maar vandag, op Moedersdag is sy nie meer by my.
Sy het my verlaat om by ons liewe Heer te bly.

Hoe mis ek haar op hierdie dag.
Haar omhelsings was altyd so sag.
Liefde het altyd uit haar oë gestraal.
Sy sou die prys vir die beste moeder behaal.

Ek mis die briewe wat sy kon skryf,
die vasdruk teen haar sagte moederlyf.
Ek mis die geselsies, die laggies, die terg.
Om haar so lief te hê, het min geverg.

Om haar te ken was ’n vreugde.
Sy het voldoen aan Spreuke 31 se deugde.
Sy was altyd tevrede met so min.
Haar lewe was so vol, met soveel sin.

Sy was ’n ware vriendin vir my,
by haar sou al my geheime veilig bly.
Sy het so min kwaad geword,
sy het jou eerder met liefde omgord.

Vandag, ja, vandag mis ek haar.
Maar nie net vandag, elke oomblik van ’n jaar.
Ek wens sy was nou hier by my,
maar tog; ek gun haar om te bly.

Ek weet sy rus nou by ons liewe Heer,
die aardse kwellings traak haar nie meer.
Sy is gelukkig en gesond waar sy is.
Moeder, ek gun u die rus.

Hier binne is dit nog stukkend en seer.
 Moeder, ek wens so ek kon u keer.
Ek wou nie hê dat u weg moes gaan.
Want nou moet ek sonder u my weg deur die lewe baan.

Ek weet ons Heer sal berusting bring.
Eendag sal ek weer van vreugde sing.
Maar die gemis, dit weet ek sal bly.
Die herinnering aan haar sal niemand weg kan kry.

Moeder, niemand sal u plek kan vul.
As daar net iets was om die verlange te stil.
die herinneringe aan haar maak so seer.
Skenk berusting en aanvaarding, asseblief o Heer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top