Saretha Benadé

Saretha Benadé

Saretha is op ’n plaas buite Belfast in Mpumalanga gebore. Sy was ongeveer 11 jaar oud toe sy gediggies begin skryf het. Sy was baie lief vir diere en die natuur en die meeste van haar gediggies het dus oor hierdie onderwerpe gegaan. Sy het later ook kortverhale begin skryf. Ná skool het sy begin verpleeg by die destydse HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria. Daar het sy ook haar opleiding voltooi. Tyd vir skryf was daar nie baie nie en dit moes toe ’n bietjie agterweë bly. Nou is sy huisvrou en kan sy meer aandag aan haar skryfwerk gee. 

Suretha skryf graag oor dit wat haar ná aan die hart lê, soos die mense wat sy liefhet. Sy skryf ook graag oor die liefde en oor dinge wat haar hartseer maak. Dis ook haar manier om dinge te verwerk. "Ek skryf graag gedigte oor my Skepper, want ek wil Hom daardeur eer vir die talent wat Hy vir my gegee het." 

Vrouedag-skryfkompetisie: Liefste Moeder

Saretha Benadé Skryfkompetisies 2019-08-19

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Saretha Benadé:

"Vandag, ja, vandag mis ek haar.
Maar nie net vandag, elke oomblik van ’n jaar."

Top