Vrouedag-skryfkompetisie: moederaarde

  • 0

ongespeen suip
’n nageslag aaneen
lewe sypel uit haar
eens welige arms
stomp gesaag nou vurig
gewikkel in ’n goue lofdans

maar moederlik getuig
swaar wolke van haar guns
haar weeklaag syfer deur aardkorse
swaar trosse belofte bot groen

sy was ons en ons is sy
uit haar skoot is ons
en tot haar skoot sal ons keer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top